Hoekom Kies Mense PRIMA?

Kwaliteitprodukte

Kwaliteitprodukte verfyn oor 25 jaar se innovasie. Ons gebruik gehalte materiale wat bewys is om te hou onder strawwe landelike toestande.

Plaaslik Vervaardig

Al ons produkte word plaaslik vervaardig. Onderdele is maklik beskikbaar vanuit ons pakhuis.

Verbintenis

Ons voortdurende verbintenis aan kliënte word bevestig deur die positiewe terugvoer van gebruikers, trots om ons produkte te gebruik.


Hans Carstens

Eienaar van Prima Engineering Services

Hans Carstens, eienaar van Prima Engineering Services, is 'n gekwalifiseerde Passer en Draaier en het sy Meganiese Ingenieurs Diploma aan die destydse Kaapse Technikon verwerf. Hy het 20 jaar ondervinding opgedoen by 'n meganiese Ingenieurs werkwinkel en het blootstelling gekry op 'n verskeidenheid meganiese dissiplines. Vir etlike jare het sy werk bestaan uit "Reverse Engineering" en Probleem oplossing. Van sy werk is vereer met 'n toekenning op produkte; "Reverse Engineering" in die Reaktor van 'n Kernkragsentrale.

Hans het verdere praktiese ondervinding opgedoen op hul plaas in die Swartland waar hy grootgeword het. Daar is hy vanaf 'n baie jong ouderdom blootgestel aan alle fasette van die windpomp, en was hy al bewus van die tekortkominge wat die huidige boorgatsilinders gehad het. Met die ontwikkeling van sy eerste boorgatsilinder, SUPERMAX, was sy doelwit om 'n boorgatsilinder te ontwerp wat water hoër en verder kon pomp, sonder die gebruik van 'n forskop of forssilinder. Dit sou die windpomp ook uiteindelik tot sy reg kon laat kom, en baie onderhoudswerk op die windpompkop uitskakel.

Vir Hans is goeie mense-verhoudinge belangrik, en met die ontwerp van al sy produkte is die insette van sy kliënte gebruik om praktiese probleme sover moontlik uit te skakel.

So het die SUPERMAX tot stand gekom. Die SUPERMAX waarvan die eerste reeds in 1998 geïnstalleer is, is in 2000 vereer met 'n SABS Toekenning vir Ontwerp.

Een van die beginsels waarop al ons silinder-ontwerpe geskoei is, is die unieke U- Seël. Vlekvrye staal en Ingenieurs nylon word deurgaans op alle reekse gebruik.

 

Ons Produkte

Gereed vir 'n kwotasie?

Selekteer onder 'n produk, tik jou kontak nommer in en ons sal jou skakel.

Gereelde Vrae

Die Maxi-Float reeks groottes is: 20mm, 25mm, 32mm en 40mm

Dit bestaan slegs uit 'n vlekvrye staalbal.

KONTAK ONS

WAARVOOR WAG JY?

Kontak Prima Engineering Vandag!