Boorgat Silinders
Een van die beginsels waarop al ons silinder-ontwerpe geskoei is, is die unieke U- Seël. Vlekvrye staal en Ingenieurs nylon word deurgaans op alle reekse gebruik.


Unieke U-Seël

Werking van U-Seël

T-aansluiting

Tipiese Installasie
Forskop
GEEN Forskop
Materiaal
Vlekvrye Staal en Ingenieurs Nylon
Seël
Unieke U-seël beskerm buis deur growwe deeltjies weg te skraap.
Groottes
2" (50mm), 2½" (60mm), 3" (73mm) & 3½" (81mm)
Beperkte slytasie
Windpompkop werk slegs met opwaartse slag; stange val op eie gewig af.
Geen roes
Water word gelewer deur plastiese-pyp; gegalvaniseerde pyp dien slegs as gids en dra geen water nie.
T-aansluiting
Dompelpomp-koppeling beskikbaar met T-aansluiting om 'n elektriese pomp te gebruik.
Waterleweringstabel
Beskikbaar op aanvraag.
SUPERMAX "PARTS LIST"
Ons Klante
Ek het laat Woensdagmiddag, 25 Junie 2025 besef dat ek dringend ‘n seël en gids vir ‘n Supermax 3.0-silinder op die grens tussen Mpumalanga en die Vrystaat benodig. Ek het vir Hans en Hanlie by Prima Engineering in Kaapstad gebel, en nadat Hans my in die fynste besonderhede met die tegniese spesifikasies bygestaan het, het Hanlie onderneem om vroegoggend op Donderdag, 26 Junie 2025 vir my ‘n faktuur uit te reik en die pakkie met The Courier Guy na Heidelberg, Gauteng te stuur. Nadat Hanlie spesiale reëlings met die areabestuurder van The Courier Guy getref het, is die pakkie om 11:25 opgetel en 24 uur en drie minute later op 27 Junie 2025 in Heidelberg afgelewer.
Ek is hoogs beïndruk met Prima Engineering se kliëntsorg, hul uitsonderlike besigheidsestetiek en -integriteit, wat skaars is in ‘n wêreld waar sulke waardes toenemend onbelangrik word. Ek kan ook The Courier Guy, onder Hanlie se toesig, aanbeveel.