Getuigskrifte
Ons Klante
Ek het laat Woensdagmiddag, 25 Junie 2025 besef dat ek dringend ‘n seël en gids vir ‘n Supermax 3.0-silinder op die grens tussen Mpumalanga en die Vrystaat benodig. Ek het vir Hans en Hanlie by Prima Engineering in Kaapstad gebel, en nadat Hans my in die fynste besonderhede met die tegniese spesifikasies bygestaan het, het Hanlie onderneem om vroegoggend op Donderdag, 26 Junie 2025 vir my ‘n faktuur uit te reik en die pakkie met The Courier Guy na Heidelberg, Gauteng te stuur. Nadat Hanlie spesiale reëlings met die areabestuurder van The Courier Guy getref het, is die pakkie om 11:25 opgetel en 24 uur en drie minute later op 27 Junie 2025 in Heidelberg afgelewer.
Ek is hoogs beïndruk met Prima Engineering se kliëntsorg, hul uitsonderlike besigheidsestetiek en -integriteit, wat skaars is in ‘n wêreld waar sulke waardes toenemend onbelangrik word. Ek kan ook The Courier Guy, onder Hanlie se toesig, aanbeveel.
Uitsende produk, ek het al my oues vervang en gebruik net hierdie en dit werk baie goed. Geen meer waterprobleme nie.
Baie goeie kwaliteit maxifloat ballvalves!!
Ball valves are on another level! Solid rugged and strong! Thanks.